Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Die afskeid van Esther" deur FERDI GREYLING
"Die afskeid van Esther" deur FERDI GREYLING [boodskap #10545] Di, 02 September 1997 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Die afskeid van Esther

Ek het my verbeel ek hoor hoe ritsel
daar tussen die dokter
se doodgewone woorde deur
blinkswart vlerke van vernietiging.

En my gedagtes het om sterrewolke gevorm
en die kil donkertes waarin dit dryf
want ek vermoed sterre maak patrone in die nag
omdat daar tekens van God is in die koue lug.

Maar my dag is gou weer bevolk
met bome wat die son se gerieflike strale
in soet skadus op 'n teerblad breek.
Die ritsel van vlerke, duiwe op 'n parkeerterrein.

Die donker geometrie van die dood
word nog nie finaal in my geweef nie.

Maar Esther, jy staan nou alleen
met duiwe wat bo jou fladder in die persblou lug.

Om jou gloei die helder lewe.
Elegante tyd krul soos 'n veer in jou op.

Jy is op pad na daardie vreemde land
waar die lug se kleur die essensie van duiwe is.

Esther, jy los my met 'n vreemde kennis
van die grasie van duiwe.

Elke dag sien ek nou hoe hulle vreugdevol
patrone flits teen die koue kranse van die stad.
Vorige onderwerp: "Pavane vir 'n Gestorwe Prinses" deur ERNST VAN HEERDEN
Volgende onderwerp: "Hooglied" deur LINA SPIES
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 10 19:50:59 MGT 2024